Verlede maand
Polisie het hande vol met crime
foto ter illustrasie  ~ 

DAAR’S te veel misdaad en te min cops.

Inwoners van Calitzdorp wat die polisie daarvan beskuldig het dat hulle nie hul job doen nie, het nou ’n bietjie meer simpatie met hulle.

Rooftogte, huisbraak helder oordag, gangfights en skietery hier het erg toegeneem.

Ene Johberk sê: “Laas week het die gangsters onder mekaar ingespring, enige plek waar hulle mekaar kon kry.

“Of dit nou in die dorp of in Bergsig of Royal Heights was, daar kom net een vên met twee cops.

Ingebreek

“Daarom sê die cops hulle sal nou maar net kom om die beseerdes en lyke op te tel. Ons kry hulle baie jammer.”

Besighede loop ook deur onder rooftogte. Daar is onlangs meer as tien keer by dieselfde restaurant ingebreek.

Jakob Willemse van die buurtwag sê: “Die cops is net te min om die drugs te keer en misdaad te voorkom.”

Inwoners kla dat wit cops nie skofte werk of patrollie ry nie en vra waar die stasiekommissaris is terwyl misdaad so hoogty vier.

Kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, sê: “Addisionele lede vanuit die administratiewe omgewing, sowel as Oudtshoorn se honde-eenheid, is ontplooi om die situasie te monitor.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters