Verlede maand
Polisie gee merts gas op dié pad
VATTIE TWAK’IE: Die cops van Ladismith­ werk behoorlik met die dwelmsmouse se gal.  ~ Keith Meyer

LADISMITH. – Dis ’n volskaalse oorlog teen dwelms en ander misdaad.

Die runners op die R62-pad word nou met sukses deur die cops empty-handed gelaat.

Die R62, wat gebruik word om drugs uit die stede na die platteland te vervoer, word nou selfs deur die polisie se blitspatrollie-eenheid beman.

Hulle skud gereeld verdagte transport uit Kaapstad uit.

Saterdag is daar toegeslaan op ’n verdagte voertuig met Mandrax en tik.

Aangekeer

In ’n ander voorval moes die bloues ’n verdagte na die plaaslike hospitaal vervoer waar medici die drugs uit sy liggaam moes haal waar hy dit versteek het.

Die cops slaan daagliks toe op vermeende smokkelhuise. Dis veral Die Baan en Die Vlak waar daar gereeld klopjagte gehou word.

’n Bron vertel: “Sers. Bennet ‘Die Verskriklike’ de Wee se dwelmneus het duisende rand se Mandrax in ’n taxi uitgeruik.”

Kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, sê: “Talle verdagtes is aangekeer en sal binnekort in die hof in Ladi­smith verskyn.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters