Verlede maand
Polisie gee man se dagga terug
DIS IRIE: Ras Joseph met sy sakke ganja.  ~ Keith Meyer

LADISMITH. – Rastas rook nou die pipes of victory.

Dit volg nadat die Rastafariërs hier ’n battle moes opsit teen die plaaslike Babilon in blou.

Verlede jaar is Ras Joseph Nobleman in ’n polisie-operasie aangekeer vir die besit of handel in dagga toe hulle ’n groot hoeveelheid daarvan in sy besit gekry het.

Rastas van regoor die Wes-Kaap het toe verskeie marches gereël en selfs in die cop shop gaan onderhandel met die senior beamptes.

Hulle het petisies aan die polisie en justisie oorhandig. Toe is daar reeds gepraat dat die Rastas en die polisie die pipes of peace begin rook het.

Redes

Ras Joseph vertel: “Hierdie week is ek vrygespreek. Babilon kon nie prove dat ek wou deal nie. Rasta deal nie.

“ ’n Lack of evidence en witnesses was ook deel van die redes waarom ek my ganja in sealed bags van die cops teruggekry het.

“Dis ’n major victory vir Rastafarians. I and I give thanks fe the most high, Jah Rastafari.”

Ras Lenny voeg by: “Daai bags van die cops, die ganja is fresh, sien die man?”

Sers. Chris Spies, ’n polisiewoordvoerder, sê dit is die prerogatief van die beampte wat die arrestasie maak om te besluit of iemand vervolg moet word of nie, gebaseer op die omstandighede.

“Elke saak word hanteer op die betrokke saak se meriete.

“Hierdie kantoor mag nie kommentaar lewer op die uitspraak nie,” sê Spies.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters