6 dae gelede
Polisie brand wapens uit
koebaai: ’n Cop gooi ’n byl in die gevaarlike vuur.Foto: MPUMI KIVA  ~ 

WAT gelyk het soos cops se bring-en-braai, was eintlik ’n positiewer geleentheid.

G’n boerewors, braaitjops en gekonfiskeerde dop was op die toneel nie.

Daar was wel gekonfiskeerde wapens waarvan permanent ontslae geraak is in ’n vuur wat soos Lucifer se blyplek geknetter het.

Cops het gevaarlike wapens wat hulle afgevat het van kriminele en gangsters, in ’n vuur gegooi tot die seermaak-gedeeltes in die vuur smelt.

Cops het wapens soos swaarde, bajonette, messe en pangas vernietig – alles uit plakkerskampe soos Ramaphosa, Thembalethu, All Vricks en Nompumelelo.

Die polisie meen dis nodig om die gevaarlike goed van die strate af te haal juis omdat daar sulke wrede aanvalle op mense is.

’n Buurtwaglid, Melusi Vatha, sê: “Sedert ons meer patrollies in die strate hou, gaan dinge beter. Ons is ook bly die polisie vernietig die wapens. Dit hoort nie in die gemeenskap se hande nie.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters