Verlede maand
Plant vir pennies
PRAGTIG: Sessie Landman het die dumpsite mooi groen gemaak met plante.  ~ Mpumi Kiva

GEORGE. – Sy was al moeg om elke dag in die strate te loop en ’n werk te soek.

Toe vestig sy haar aandag op ’n stortingsterrein naby haar huis in die GG Camp-plakkerskamp naby Oudtshoorn.

Sessie Landman (20) is werkloos. Die afgelope twee maande verwyder sy vuilgoed van die stortingsterrein oorkant haar tweeslaapkamerhuis.

Sy het aalwyne daar gaan plant en dit lyk sommer pragtig.

Die plaaslike mense en die boere met vee baat ook daarby.

Die nursery het nou vyf verskillende aalwyne, soos die Kaapse aalwyn, spiraalaalwyn, aloe vera bonsai, seedleme en die hedgehog.

Landman wil geld maak uit die tuine om ’n wins­gewende maatskappy op te bou sodat sy ander jong vroue kan leer om plante te verbou.

Saad

Sy sukkel om water daar te kry omdat die krane ver van die plante is.

Landman hou van aal­wyne omdat hulle gesondheidsvoordele vir mens en dier inhou.

“My pa het met plante gewerk in die dorp en ek het hom gevra om saad te bring van aalwyne. Ek het baie van aalwyne geleer deur kruieboeke te lees.”

Sy vertel sy maak deesdae geld uit die tuin.

“Ek hoef nie meer te gaan werk soek nie. Ek het nou my merk gemaak.

“Dit was nie maklik om ál die gemors te verwyder en te begin nie.

“Ek het alleen gewerk en met ’n graaf en kruiwa alles weggery. Dit maak my trots as ek in die tuin loop.”

Mbulelo Mdimba, ’n plaas­like inwoner en veeboer, sê die aalwyne help hulle diere teen bosluise, muskiete en vlooie.

“Ek koop die plante by haar en maak dit fyn en smeer dit op die diere.

“Sy doen baie goeie werk en ons hoef nie ver te gaan om die goed te koop nie.”

Landman se pa, Theo Landman (43), sê sy dogter hou daarvan om met natuurlike plante te werk.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters