Verlede maand
Plaaswerkers se nood ook verlig
Dankbaar: Die groep plaaswerkers is dankbaar dat hul nood darem ook raakgesien word.  ~ Keith Meyer

LADISMITH. – Terwyl die sopkombuistreine se room vir die dorpenaars afgeskep word, ly plaaswerkers steeds.

Die ATKV het dié gap raakgesien stort nou hul energie – en kos – daarop uit.

Almero Oosthuizen van die ATKV in Stellenbosch en die local organiseerder Jonathan Jantjies het die probleem hier raakgesien. Hulle is nou op ’n mission om honger plaaswerkers te voed.

Jantjies vertel: “Die nood druk net so erg op plase en plaaswerkers. Magdalena Christians is my regterhand om te help om die grootmense en kinders kos te gee.

“Meer nog, hulle kry ook geestelike voeding.”

Staatmakers

Oom Jan Wagenaar sê dankbaar: “Plaaswerkers werk hard en kry nie die kos wat in die dorpe uitgedeel word nie.

“Ons raak ook maar honger van die lang ure se werk.

“Geld is maar altyd ’n probleem en almal weet hoe duur kos is.

“Daarom bloei ons harte vandag met dankbaarheid.”

André Willemse, Ferall Fourie en Dennis Jacobs is van die staatmakers in die projek en reik ook ’n hand uit na senior burgers.

“Ons het ook gebreide serpe teen die koue oggende gegee.

“Ook die kinders is van klere voorsien,” vertel Willemse opgewonde.

“Verder is die ATKV ook betrokke by die skole met die bevordering van Afrikaans,” voeg Jantjies by.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters