12 dae gelede
‘Pedo-dok kry te min tyd in hok’
 ~ 

GEORGE. – Mense is woedend en ontnugter oor die kort tronkstraf wat ’n tandarts gekry het nadat hy wéér met ’n kind gelol het.

Die 46-jarige dr. Ian Venter is drie jaar tronkstraf opgelê nadat hy in 2015 ’n 13-jarige seun gevra het om aan sy move te vat.

Venter se naam gaan darem in die nasionale register van seksoortreders opgeneem word.

Die hof het ook bevind hy is onbevoeg om met kinders te werk.

Oud

Die NPO Women and Men against Child A­buse was omgekrap oor veral die “onvanpaste kort straf”. Hulle het in ’n verklaring gesê: “Die hof moet swaarder strawwe oplê vir mense wat kinders misbruik.”

Venter, wie se kinders so oud soos die slagoffer is, is in November 2014 ook skuldig bevind aan ’n seksoortreding met ’n seun (15). Hy was vier jaar onder korrektiewe toesig. Sy aansoek om appèl is afgekeur. – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters