2 maande gelede
Pay-gestry lyk na turksvy
Geen GELD: Die studente in die learnership in Beaufort-Wes.Foto: Keith Meyer  ~ 

BEAUFORT-WES. – Vyftig studente in die Community Water, Health and Sanita­tion Promotion learnership soek hulle stipend.

Die groep, wat nou al ag maande die learnership doen, is glo nog net vier keer betaal.

Krummels

Wanneer hulle ’n geldjie gekry het, was dit volgens die bankstate in hulle besit net die helfte van die voorgeskrewe bedrag van R1 800 per maand.

’n Student vertel: “Ons kry net krummels van die koek.

“Ag maande al. Ons wag nou nog vir ons geld.

“Nie eens almal het al gepay nie. Dis net be­loftes.”

Studente is bang om geïdentifiseer te word, want anders word hulle dalk geviktimiseer en kom die learnership in die gedrang.

“Ons het al hoeveel keer gepraat oor ons pay, maar iets is net nie pluis nie.”

Volgens die studente het van hulle verlede Maandag weer net die helfte van die stipend gekry.

Baie ander het nog niks gepay nie.

Nsamba Yusuf, projek­bestuurder, verduidelik: “Studente ontvang ’n stipend van R4 500 per kwartaal, gebaseer op die terme en voorwaardes van Seta. As ons nie bewyse in die vorm van ’n portfolio kry nie, word daar geen betaling gemaak nie.

“Daar was ook probleme met ‘spookstudente’.

“Drop-outs het steeds probeer claim.”

Volgens Yusuf ondervind diensverskaffers geweldige probleme met wanpraktyke en kan hulle nie net uitbetalings maak nie.

“Ons is nou besig om die finale gedeelte van die blok af te handel vir assessering, hoewel geen be­wyse ons kantoor bereik het nie.

“Dit lei tot verminderde uitbetalings om finansiële risiko te vermy. Sodra alle dokumentasie ontvang is, sal uitbetalings gemaak word, met inagneming van afwesigheid.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters