7 dae gelede
Pastoor en verloofde in hof vir moord
SKARREL: ’n Tranerige beskuldigde het die hofordonnanse laat rondspring toe sy uit die hof wou weghol.  ~ Foto Verskaf

'N PASTOOR en sy verloofde is twee van die drie mense wie Vrydag in die rondgaande hof op George vir die moord op 'n vrou van Thembalethu verskyn het.

Hlompho Mohapi se liggaam is in Julie 2018 deur 'n visserman naby Heroldsbaai gekry.

Hy het getuig dat sy met haar gesig af op haar maag gelê het.

Ten minste nege mense het sedert die eerste getuie verlede week getuig. Onder hulle was die polisiebeampte wie eerste op die toneel was en die oorledene se ma, Patricia Koloi.

Koloi het getuig sy was in Lesotho vir 'n begrafnis toe haar dogter vermoor is. Sy het eerste 'n dag nadat die liggaam gekry is uitgevind.

EWN berig dat die hof gehoor het dat die laaste keer wat Koloi met haar dogter gepraat het was 'n dag voordat sy vermoor was. Sy het haar ma vertel van 'n werksonderhoud by die George-lughawe.

Die 25-jarige Mohapi was doodgesteek.

Na bewering is sy onder valse voorwentsels gelok.

Volgens berigte is daar kort voor haar dood begrafnis en lewenspolisse van sowat R3 miljoen in haar naam uitgehaal.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters