6 maande gelede
Pangarker bekende in dorpie
Moyhdian Pangarker  ~ Foto Verskaf

LADISMITH. – Paniek het inwoners hier beetgepak nadat die nuus van klein Tazne van Wyk (8) van Elsiesrivier wat vermis is, rugbaar geraak het.

Dis omdat haar vermeende ontvoerder, Moyhdian Pangarker, voorheen gereeld in Ladismith was en ook vir ’n tydperk hier gewoon het.

Van sy kleinkinders was ingeskrewe leerders by die plaaslike laerskool. Hy was ’n gereelde gesig by ’n plaas­like drinkplek waar hy skynbaar as security gewerk het.

Intussen heers daar behoorlike paniek soos wat elke derde persoon nou vir Pangarker iewers gewaar het.

Selfoonsein

’n Soekgeselskap uit Worce­ster het ook die afgelope Saterdag saam met die plaaslike polisie na die verdagte hier gesoek.

Soos verneem word, is sy selfoonsein glo in Ladismith opgespoor, maar ook in Laingsburg. Sedertdien is die sein weg omdat die foon glo nie in gebruik is nie.

In die laat 1980’s en vroeë 1990’s is Pangarker in Ladi­smith per helikopter gesoek.

Gerugte het toe rondgeloop dat hy hom glo in enige dier kan verander en dit is die rede waarom Saps hom nie kon opspoor nie.

Son het wel met Saps bevestig dat daar tans nog nie enige spore van Pangarker in Ladismith is nie.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters