9 dae gelede
Pa sterf, twee kids beseer in botsing
TONEEL: Dis by hierdie gedeelte van die pad waar die pa in ’n ongeluk gesterf het.  ~ Mpumi Kiva

OUDTSHOORN. – ’n Pastoor is dood en sy kinders beseer toe die Mazda waarin hulle gereis het, met ’n bakkie gebots het.

Die tragedie het gister­oggend in Rooiheuwel buite die dorp gebeur.

Die slagoffer is verbonde aan die St. John-kerk. Sy naam is nog nie deur die owerhede bekendgemaak nie.

Sy negejarige seun het kop- en lyfbeserings opgedoen en moes per helikopter na ’n hospitaal vervoer word.

Sy sewejarige dogtertjie is na ’n plaaslike hospitaal geneem vir mediese sorg.

Die pad was vir ’n paar ure gesluit.

Hordes nuuskieriges het na die ongelukstoneel gestroom.

Volgens die polisie is die oorsaak van die ongeluk nog nie bekend nie.

Inwoners van dié plaas-area sê egter speeding is ’n groot kopseer in hul kontrei.

Verloor

Lena Kennard (45) sê spoedkameras en lokvalle sal mense afskrik.

“Die pad is ook baie nou en word deur trokke en ge­wone karre gebruik.

“Ons wens daar kan iets aan die saak gedoen word, want kyk, hier het ’n pa nou sy lewe verloor, terwyl sy kindertjies beseer is,” voeg Kennard by.

’n Plaasboer in die area het ook die toestand van die betrokke pad veroordeel.

“Die pad is nie net nou nie, maar baie na aan ’n wal en met roekelose bestuurders raak dit moeilik nom op só ’n pad te bestuur,” het hy verduidelik.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters