Verlede maand
Pa se lyk in stukke ná tref-en-trap
ongelukkig: Petronella Galant, Martha Jacobs en klein Dominique is baie hartseer.Foto: keith meyer  ~ 

CALITZDORP. – Van Andries Tok (38), pa van vier kinders, se liggaamsdele het versprei op die toneel van ’n tref-en-trap-ongeluk gelê.

En nou is die lewe van sy gesin heeltemal verwoes terwyl die skuldige steeds vry loop.

Martha Jacobs, sy wederhelf, vertel in trane: “Dit het daar op die Gamka-pad gebeur.

“Andries was op pad huis toe, want hy het nog die groceries by hom gehad wat hy gaan koop het.

“Nou is daar niks meer oor van my broodwinner nie.”

Die bloedmerke is steeds op die teerpad sigbaar.

Van die omstanders wat daar naby woon, vertel dat hulle ’n oranje lig van ’n konstruksievoertuig gesien het toe hulle die slag gehoor het. Daar is tans konstruksiewerk op die pad aan die gang.

Jacobs voeg by: “Ek is stukkend, baie stukkend. My kinders huil dag en nag. Dries was so ’n lieflike mens.

Kwaad

“Hy het net vir sy gesin gelewe. Hoe gaan ons nou survive met geen inkomste nie?”

Petronella Galant, Dries se suster, is kwaad: “Dis mos nie ’n hond wat doodgery is nie. ’n Mens stop dan selfs as jy ’n hond doodry. Die gemeenskap is kwaad. Ons gaan nie rus voordat die verdagte aangekeer is nie.”

Kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, sê: “Die tref-en-trap-ongeluk is deur ’n verbyganger aan die polisie gerapporteer.

“ ’n Saak van strafbare manslag word ondersoek.”

  • Enige persoon met inligting oor die ongeluk kan AO JC Pretorius bel by 044 213 8800 of Crime Stop by 08600 10111.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters