7 dae gelede
Pa loop hof vir laitie se rape en moord
AFWESIG: Die hofsaak is uitgestel omdat die tolk nie aanwesig was nie.  ~ Foto Verskaf

’N MAN staan weer môre in die landdroshof in Beaufort-Wes tereg op aanklagte van verkragting en moord.

Sy vermeende slagoffer was sy eie seuntjie (2 jaar en 8 maande).

Sers. Chris Spies, ’n polisiewoordvoerder, sê hul eenheid belas met gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (FCS) ondersoek die saak.

Die kind is op 11 November gebring na ’n hospitaal in Beaufort-Wes waar hy beswyk het.

Spies sê uit die ondersoek blyk dit dat die pa die kind na die hospitaal geneem het.

“Die seuntjie het veelvuldige beserings gehad en hy is later in die hospitaal oorlede.”

Volgens Spies is die pa later gearresteer en hy word steeds aangehou.

Gekrap

Die 28-jarige man het reeds op 13 November in die landdroshof in Beaufort-Wes verskyn en loop môre weer hof op klagte van moord en verkragting. Die pa gaan môre aansoek doen om bail.

Son verneem mense het gesien daar is in die kind se anus gekrap en die pa het die kind glo teen die bad­kamermuur geslaan.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters