5 maande gelede
‘Pa gooi my tweede keer weg’
DISCIPLINARIAN: Rashied Stoffels­ sê wat sy dogter oor hom kwytraak, pla hom glad nie.Foto: FACEBOOK  ~ 

EENDEKUIL. – ’n Jong vrou sê haar pa het weereens sy plig as ouer versuim­ nadat sy op vyfjarige ouderdom van hom af weg is.

Lameez McLean (24) vertel sy het as kleuter saam met haar ma in Goodwood rondgeswerf en op straat geslaap.

’n Vriendin van haar ma het haar (toe 5 jaar oud) eendag in ’n parkie op ’n bank sien sit terwyl haar ma gelê en tiep het.

Die vrou het haar Eendekuil toe gebring, waar sy by dié se ouma grootgeword het. Haar ma is intussen oorlede.

McLean vertel haar pa het nooit moeite gedoen om na haar te soek nie.

Sy sê: “In Desember 2018 het ek met my pa se familie op Facebook kennis gemaak. Ek het toe vir drie weke by my pa in Mitchells Plain gaan kuier.

Hel

“Ek het nie welkom gevoel nie. My pa het besluit dat ek by hom moes kom bly. My pa se suster het my laas naweek genooi om by haar te kuier in Mitchells­ Plain.

NIKS HAPPY: Lameez McLean­ moan oor haar biologiese pa wat haar verwerp.FOTO VERSKAF

“My pa stuur toe vir my ’n boodskap dat ek kan kom kuier, maar nie meer by hom kan kom bly nie.

“Ná al die jare se hel wat ek moes deurmaak, voel ek dat my pa my nou die tweede keer weggooi.”

Rashied Stoffels sê dit was nie reg van sy dogter om by haar antie te kuier nie.

“Lameez se ma het haar by my kom haal toe sy vyf jaar oud was.

“My suster by wie sy gaan kuier het, maak my oral sleg en sy’s ’n opstoker.

“Lameez het laas naweek daar gedrink en gepaartie.

“Ek laat nie dié goed in my huis toe nie en Lameez wil nie rules obey nie.

“Sy kan maar sê wat sy wil. Dit pla my nie.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters