13 dae gelede
‘Ouers dreig my ná ek sê hul kids rape myne’
GETEIKEN: Dié ma sê die minderjarige verdagtes se ouers dreig haar nou.  ~ Keith Meyer

CALITZDORP. – Die ma van ’n negejarige seun wat na bewering seksueel gemolesteer en verkrag is, word nou gedreig.

Die seuntjie is deur van sy maats in ’n oop stuk veld naby 1ste Laan in Bergsig voorgekeer en toe na bewering seksueel gemolesteer. Ná ondersoek word rape ook vermoed.

Die mammie vertel: “Daai kinders se ouers is nou kwaad vir mý. Hulle dreig my.

“Wat moes ek maak? Niks doen toe my kind se lewe verwoes is nie?

“My kind het na my gekom vir support. En dís wat ek gedoen het. As ek geswyg het, sou dit mos beteken het ek is tevrede met wat gebeur het.

“Hulle was twee seuntjies, een is gemolesteer en die ander verkrag.”

Nog ’n ander vrou het die mammie gevra: ‘Voel jy tevrede dat jy my kind gaan aangee het? My kind is nou in die wet se hande.’

Sers. Chris Spies, ’n polisiewoordvoerder, het vroeër gesê die plaaslike FCS-tak ondersoek ’n klag van verkragting.

Gejaag

“Voorlopige ondersoek onthul dat die negejarige slagoffer en sy vriend besig was om te loop toe drie seuns tussen die ouderdom van 10 jaar en 12 jaar, hulle genader het.

“Die seuns het hulle gejaag na ’n bebosde gebied naby die oop stuk grond, waar die slagoffer verkrag is.”

Die omstandighede rondom die voorval word steeds ondersoek. Geen arrestasies is nog gedoen nie.

Spies sê verder alle partye betrokke is onder 12 jaar en die saak sal verwys word na die probation officer vir assessering van die seuns.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters