24 dae gelede
Ou voor vir brute bylmoord
Naledi Phangindawo  ~ Foto Verskaf

’N OU van Mosselbaai, wat na bewering sy eksmeisie brutaal vermoor het, het Dinsdag vlugtig in die Mosselbaaise landdroshof verskyn.

Mlondi Ntlangule staan tereg vir die moord op sy eks-girlfriend Naledi Pha­ngindawo (25), ook van Mosselbaai.

Sy is op 6 Junie vermoor toe Ntlangule haar na buite geroep het terwyl sy ’n kultu­rele event bygewoon het.

Hy het haar toe glo uit die bloute aangeval.

Eric Ntabazalila, ’n woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, sê sy saak gaan nou na die streekshof oorgeplaas word.

Hasepad

Volgens kapt. Malcolm Pojie het ooggetuies gesien hoe die verdagte die slagoffer met ’n skerp voorwerp, wat soos ’n mes lyk, én met ’n byl doodkap.

Ntlangule het hom ná die bloedige moord aan die Strand-polisie oorgegee nadat hy aanvanklik die hasepad gekies het.

Hy bly in aanhouding en loop op 19 Oktober weer hof, sê Ntabazalila.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters