Verlede maand
Ou verloor vryborg ná hy wegbly
court gavel
Man se vryborg opgehef.  ~ verskaf

DIE vryborg van ’n ou van Calitzdorp wat saam met twee ander teregstaan op klagte van roof met verswarende omstandighede, is laas week in die Oudtshoorn-streekhof opgehef oor hy ’n vyfde keer versuim het om hof toe te gaan.

Flip Abrahams loop met Henrico Lindt en Malcolm Windvogel hof nadat twee broers op 27 September 2014 beroof en een van hulle gelem is.

Abrahams het gesê hy’t vervoerprobleme, maar streeklanddros Ntsoki Moni het dit verwerp oor hy na die Calitzdorp-polisie kon gaan.

Die saak hervat op 16 Augustus.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters