Verlede maand
Ou skuldig aan moord, verkragting
'n Man van De Rust het skuld erken op klagte van moord en rape.  ~ Foto: verskaf / ter illustrasie

’N MAN van De Rust is Vrydag in die Oudtshoorn-streekhof aan verkragting en moord skuldig bevind.

Flip le Grange (31) het in ’n pleitverduideliking erken hy het Ronel Martins (18) verkrag en vermoor. Martins was van die plaas Rietfontein.

Le Grange het haar op 8 Desember 2018 in ’n verlate gebou op Middelplaas verkrag.

Hy het haar daarna vermoor toe sy gedreig het om ’n saak van verkragting te maak.

Gearresteer

Sy het net die vorige dag by familie op Middelplaas gaan kuier, maar nooit teruggekeer huis toe nie. Haar lyk is op 9 Desember in die ou, onbewoonde plaashuis gevind.

Die polisie het Le Grange die volgende dag gearresteer.

Streeklanddros Daniel Boks het Le Grange op albei klagte skuldig bevind.

Sy regsverteenwoordiger, Vaughn Shone, het die hof versoek vir ’n voorvonnis-verslag.

Die saak is vir vonnisverrigtinge tot 20 Julie 2020 uitgestel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters