7 maande gelede
Ou sit lank vir moord, verkragting
'n Ou van Smartie Town in Oudtshoorn gaan lank mang vir die rape en moord van sy girlfriend.  ~ Foto: verskaf / ter illustrasie

SIPHAMANDLA Claassen (29) van Smartie Town in Oudtshoorn wat van moord op en verkragting van sy meisie skuldig bevind is, is Maandag in die streekhof vir 30 jaar tronk toe gepos.

Claassen het op 8 Oktober 2016 vir Juliana Lingerveldt met ’n klip teen die kop gekap, haar ontklee en verkrag.

Haar naakte lyk is die volgende oggend deur ’n verbyganger naby die volstruisslagpale opgemerk. Twee jong mans wat die betrokke aand saam met Claassen en Lingerveldt gekuier het, het getuig dat hulle gesien het hoedat Claassen die vrou aanrand en verkrag.

Verwerp

Hy het in ’n pleitverduideliking erken hy het Lingerveldt een keer met ’n klip teen die kop gekap, maar het nie bedoel om haar dood te maak nie. Hy ontken dat hy haar verkrag het.

Streeklanddros Neels Nortjé het Claassen se weergawe verwerp en gesê dat hy aan twee ernstige misdrywe skuldig bevind is. Hy het ook geen berou getoon nie.

Claassen is 20 jaar vir moord en 10 jaar vir verkragting opgelê. Drie jaar van die vonnis vir verkragting word gelyklopend met die 20 jaar uitgedien.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters