3 maande gelede
Ou se eie bloed op dié ‘dansvloer’
die real deal: ’n Man wat soos Michael Jackson wou dans, is sy verhoog kwyt. FOTO VERSKAF  ~ 

GEORGE. – Asla Park se eie Michael Jackson is gemoer nadat hy deur sy “stage” geval het.

Johnny Steenkamp (23) het op ’n antie se wankelrige shack se dak gedans om die kinders onder in die straat te entertain.

Hy lek nog sy wonde nadat hy gedans het totdat die oumatjie se dak meegegee het.

En asof die valslag deur die dak nie genoeg was om hom ’n les te leer nie, het die buurmense hom boonop ’n pak slae gegee.

Steenkamp vertel: “Ek het my Michael Jackson moves vir die kinders uitgehaal en kyk hoe lyk ek nou.”

Steenkamp se linkervoet en sy gesig is kwaai gekneus.

Jive

Hy is bekend in die gemeenskap oor hy die Koning van Pop so lekker smooth kan namaak.

Steenkamp vertel: “Ek was nog so aan die jive, toe val ek tot binne-in die shack.

“Ek like dit om mense te entertain, maar dié keer het dit ’n bietjie te ver gegaan.

“Ek het op die buur-antie se shack se dak gedans. Nog erger is dat die buurman en sy tjommie my toe gemoer het.

“Mense het vir my dans moves gecheer en vir my coins gegee. Nou moet ek dit gebruik om die antie se dak te fix.”

Nimrod Petros, die eienaar van die shack, sê: “Ek weet hy like van jive en mense entertain, maar toe breek hy die shack. Dit het my frustreer.

“Dis nie ’n sterk hokkie nie. Hy moet mense in die vervolg op die grond entertain.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters