15 dae gelede
Ou saak hink voort
 ~ 

OUDTSHOORN. – Die verhoor van ’n Tanzaniër wat in 2014 op 11 klagte gearresteer is, het nou in die plaaslike streekhof begin.

Sangwa Salim Simba staan tereg vir die besit van en handel in dwelms, die oortreding van die immigrasiewet en die verbreking van sy borgtogvoorwaardes.

Simba (40), wat in Bongolethu woon, is op 24 Maart 2014 saam met Fiona Uithaler (40) aangekeer en later op bail vrygelaat.

Uithaler is al ’n opgeskorte vonnis opgelê vir die vier dwelmklagte teen haar. Sy is nou ’n staatsgetuie.

Simba, wat met krukke oor die weg kom, het net op een klag skuld erken: dat hy tussen 8 Februarie en 13 Maart 2017 sy bail-voorwaardes verbreek het.

Sers. George Wolmarans het getuig hy het op 24 Maart 2014 drie keer ’n lokvink gestuur na die huis in Duduzastraat waar Simba en Uithaler gewoon het.

Hy het die lokvink elke keer R300 gegee om by Simba dagga te koop.

Volgens Wolmarans het hy daarna search warrants gekry om Simba se huis te deursoek.

Geklop

Hulle het beslag gelê op deursigtige sakkies tik en dit in forensiese sakkies gesit.

Volgens Simba se regsverteenwoordiger, Vaughn Shone, sal hy getuig die polisie het nie aan sy deur geklop nie en nie vir hom ’n lasbrief gewys nie.

Die saak is uitgestel tot 10 en 11 Desember. Simba bly in aanhouding.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters