2 maande gelede
Ou mayor van Kanna 'wil dien'
TERUG: Nicky Valentyn is die nuwe onderburgemeester van die Kannaland-munisipaliteit.  ~ Keith Meyer

LADISMITH. – Die Kanna-sepie het Woensdag ’n splinternuwe karakter in dié ongoing sage bygekry.

Phillip “Fillie” Antonie, wat langer as twee dekades die ANC-onderburgemeester was, het die handdoek ingegooi.

Antonie se partylede het ’n brief aan hom gestuur waarin hulle hom vir vyf jaar skors. Dis glo oor hy teen die ANC se wil met die DA in ’n koalisie in Kanna saamgewerk het.

Die ANC en DA was die afgelope vier jaar in ’n koalisie.

Politieke druk het toe weer veroorsaak dat die ANC met Icosa in die kooi spring, maar dié laaste koalisie het nooit werklik van die grond af gekom nie.

Roland Butler, die waarnemende munisipale bestuurder, het Antonie se bedanking in ’n brief erken en sy pos vakant verklaar.

Die interessantste is die nuwe karakter in dié sepie. Dis niemand anders nie as die gesoute ANC-lid en voormalige ANC-burgemeester Nicky Valentyn van Calitzdorp.

Antonie was van Zoar.

Antonie het vroeër genoem hy’t bedank “net vir die sake van bedank”.

Hy het ook die ANC se aantygings teen hom ontken. “Maar ek bly lid van die ANC tot 2026.”

Eerste

Valentyn het aan Son gesê: “Ek is meer as gereed om my mense te dien en om ’n ommeswaai in Kannaland te bewerkstellig. Dienslewering eerste.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters