2 maande gelede
Ou kry 15 j. vir moord op sy broer
'n Ou gaan mang vir die moord van sy broer.  ~ Foto: verskaf / ter illustrasie

OUDTSHOORN. – Isaac Jantjies (44) van Zoar is laas week 15 jaar gevangenisstraf opgelê vir moord op sy kleinboet.

Juwayne Visagie (17) is verskeie kere met ’n mes gesteek, maar Jantjies het volgehou hy het hom net een keer gesteek.

Juwayne is ná verskeie operasies vier weke later oorlede.

Die aanklaer het gesê daar was duidelik ’n swak verhouding tussen die broers omdat Juwayne saam met sy pa gewoon het. Hy het aangevoer die moord is uit jaloesie gepleeg.

Tale

Streeklanddros Daniel Boks het gesê Jantjies was roekeloos en dat die getuienis nie afwyking van die voorgeskrewe vonnis regverdig nie.

Juwayne se pa, Johannes Visagie, sê hy was ’n sagmoedige, respekvolle kind met goeie maniere. Hy kon drie tale vlot praat en het ook as ’n tolk by die skool opgetree.

Jantjies is ook sy seun en hy’s lief vir hom, sê Visagie, maar hy moet gestraf word vir wat hy gedoen het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters