10 dae gelede
Ou in gesig gevat
PAK SLAE: Thabo Dolombana sĂȘ die mechanic het hom oor sy swart gesigmasker bygekom.  ~ Mpumi Kiva

MOSSELBAAI. – ’n Masker kan jou ’n drag slae op die hals haal.

Vra maar vir Thabo Dolombana (37).

’n Mechanic het hom na bewering Sondagmiddag deur die gesig geslaan toe hy sy perseel met ’n swart masker aan betree het.

Bure van die betrokke mechanic sê dit is die tweede keer dat hy ’n persoon vir die dra van ’n swart masker slaan.

Dolombana sê nie net is hy in die gesig geslaan nie, maar hy is ook van die perseel gesleep. Volgens hom is sy masker van sy gesig geruk en weggesmyt.

Dolombana sê hy was veronderstel om sy neef daar te ontmoet.

Grap

Toe kla die mechanic dat diewe wat swart maskers dra, hom besteel.

Volgens Dolombana het hy aanvanklik gedog die mechanic maak ’n grap toe hy hom daarvan beskuldig dat hy in die groep is wat kar­onderdele en tyres van customers se karre af steel.

Dolombana sê: “Hierdie was regtig ’n vernederende voorval vir my. My neef se kar is deur die mechanic reggemaak en toe ek daar kom, kom die mechanic na my toe gestap­.

“Sonder ’n woord het hy my in die gesig geslaan, my masker afgeruk en my van die perseel af gesleep.

“Ek mag dalk werkloos wees, maar ek is beslis nie ’n dief nie.

“Gaan hierdie man nou almal aanval wat maskers weens Covid-19 moet dra?”

Die betrokke mechanic het geweier om oor die voorval te praat.

Tisetso Motswao (27) sê sy neef is beslis nie ’n dief nie.

“Hy het my by die workshop kom soek en ek verstaan rêrig nie hoekom die mechanic hom aangerand het nie.

“Om ’n swart gesigmasker te dra, is nie ’n oortreding nie.

“Dit word dan oral verkoop en dis mense se besluit om dit te dra of nie.”

Die woordvoerder van die KwaNonqaba-polisiestasie, sers. Kappie Kapp, sê ’n klag van aanranding is by hulle aanhangig gemaak.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters