3 maande gelede
Ou dood in drinkplek ná tergery
'n Vrou is gearresteer is verband met 'n man se moord.  ~ Foto: verskaf / ter illustrasie

OUDTSHOORN. – Borgtog van R500 is in die local landdroshof toegestaan aan ’n vrou wat van moord verdink word.

Sonja Arries (37) word aangekla van die moord op ’n man op 30 Januarie vanjaar in Smartie Town.

Arries het, volgens AO Da­rome Burger, die aand saam met vier mans gesit en drink toe hulle haar begin terg het oor ’n seks-speelding wat om haar lyf gebind was.

Sy het Nezal Tarentaal, een van die vier mans, spelenderwys op die bobeen gesteek, waarna ’n woordewisseling plaasgevind het.

Geslaan

Dit was volgens Burger nie ’n oop wond nie. ’n Rukkie later het Arries vir Tarentaal in die bors gesteek.

Toe sy hom ’n tweede keer wou steek, het een van die ander mans haar met ’n plank geslaan. Tarentaal was dood toe die ambulans opdaag.

Volgens Burger is die mes waarmee Tarentaal doodgesteek is, nog nie gevind nie.

Die saak is tot 6 Maart uitgestel vir nader ondersoek.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters