Verlede maand
Oom Toy se geduld is op
SEERGEMAAK: Oom Toy Willemse sê hy is nie sy agterkleinkind se speelding nie.  ~ Keith Meyer

LADISMITH. – Oom Toy Willemse­ (84) se liefde vir sy agterkleinkinders het hom nou baie duur te staan gekom.

Volgens die man van Bergsig het sy kleindogter Cinda hom in die gesig gesteek. En dít terwyl hy na haar drie kinders moet omsien.

Oom Toy vertel: “Sy was soos ’n mal mens. Sy’t die huis gesmash en my in die gesig gesteek en ook met ’n pan gegooi.

“Dis nie die eerste keer nie.

“Ek wou nog nie ’n saak maak nie, want ek dink aan haar drie kinders, my agterkleinkinders, wat ek so liefhet.”

Volgens oom Toy kry Cinda kinder-pay vir die kinders, maar sy bestee nie alles op die kinders nie.

“Ek moes al geld leen om vir die kinders kos te koop.

“Sy gee nie geld vir my om vir die kinders te sorg nie.”

Inwoners in die straat het gesê hulle wil hê die oupagrootjie moet ’n interdik teen die kleinkind uitneem.

Gesondheid

“Sersant Larry was by my en ek moet nou maar iets aan die saak laat doen. Só kan dit nie aangaan nie.

“Ek is nie meer vandag se kind nie en my gesondheid ly daaronder,” kla ’n baie hartseer oom Toy.

Volgens Cinda is sy jammer oor die voorval.

Oom Toy het bygevoeg dat sy nou maar gaan uittrek na ’n ander plek met haar kinders.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters