Verlede maand
Oom moeg vir morsige toiletskelms
GATVOL: Oom Klaas Matebe by die toilet in sy jaart wat so baie stront veroorsaak.  ~ Mpumi Kiva

OUDTSHOORN. – ’n Oom is nou werklik gatvol dat mense by sy jaart insluip om sy toilet te gebruik en dan stront op die seat los vir hom om skoon te maak.

Klaas Matebe (69) van die Black Joint- plakkerskamp is omgekrap oor die morsige mense in die middel van die nag in sy yard inkom.

Die pensioenaris sê ál sy pogings om die dronkies te keer, het misluk.

Toe hy die ding met ’n slot gesluit het, het die mense die slot gesteel.

Die Oudtshoorn-munisipaliteit het dié plastiektoilette tydelik aangebring om sanitasie na die gebied te bring, veral vir die bejaardes.

Een van die latrines is in die jaart gesit van ’n bejaarde familie. Dit moet deur drie huishoudings gedeel word.

Maar nou sê Matebe ander mense kom ook sonder toestemming by in die jaart in en los stront oral.

Hy sê die afgelope drie weke kon hy omtrent nie slaap nie soos hy met van dié mense baklei het.

Die oom sê hy het nou genoeg gehad van die toilet.

Dis veronderstel om vir sekere mense te wees, maar die onwelkome gaste spoil die hele plan.

Gewapen

Wanneer hy hulle wil stop, kom hy in die moeilikheid, want hy word gedreig.

Nou die dag het ’n man tot ’n mes uitgepluk toe hy besig was om sy ding te doen.

“Ek kon niks doen nie, want hy was gewapen,” verduidelik Matebe.

Benson Smith, ’n gemeenskapswerker in dié gebied, sê die probleem is dat daar te min toilette in die area is.

Die toilette is aangebring vir die bejaardes se gebruik, maar nou bring dit groot spanning oor die tekort.

Hy sê die ouman het dit onder sy aandag gebring en hy sal die saak by die munisipaliteit aanmeld.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters