12 dae gelede
Oom ly nog ná houe
GELOOI: Johanna en Willie Ambros voel steeds erg moerig oor die voorval.  ~ Keith Meyer

ZOAR. – ’n Bejaarde man is glo so erg in polisieaanhouding aangerand dat hy nie kon sien nie, so erg was sy oë toegeswel.

Willem “Willie” Ambros (63) vertel: “Die polisie het my gevang vir dronk.

“Maar toe ek in die selle kom, is ek vreeslik aangerand.

“Ek kan nou nie meer so lekker onthou nie en sien ook nie so lekker nie.”

Die voorval, wat ’n tyd gelede gebeur het, het nou weer gesurface nadat inwoners gal gebraak het oor polisiewreedheid.

Inwoners het Son oor ’n hele paar soortgelyke voorvalle ingelig.

Ambros se vrou, Johanna Ambros, kla sugtend: “Sy kop werk nie meer so lekker nie. Hy is erg aan­gerand.

“Sy oë was bloedbelope en bottoe geslaan en geskop. Ek het eers dae later gehoor dat hy in die hospitaal is.

Skok

“Dis mos ’n mens. Nie eens ’n dier word so geslaan nie. Nou drink hy pille, maand vir maand.”

Cornelius Ambros, Willie se broer, voeg by: “Ek moes met skok verneem dat die ambulans my broer daai dag by die polisieselle moes gaan haal en hom hospitaal toe neem.”

Sers. Chris Spies, ’n polisiewoordvoerder, sê die betrokke partye kan die kantoor van die stasiekommissaris besoek om aandag aan die saak te gee.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters