3 maande gelede
‘Oneerbiedig’
Happy endings: Die gemeenskap sê dié kerk word as ’n seksplek gebruik.Foto: Mpumi Kiva  ~ 

MOSSELBAAI. – Terwyl die Zion Assembly Church in Africa se deur toe is, word die plek glo nou misbruik om te seks.

Die kerk, bestaande uit ’n gebou van sink en hout, staan tussen huise in die informele nedersetting JCC Camp in die KwaNonqaba township buite Mosselbaai.

Die kerk het sowat 100 lede en hulle het besluit om die kerk eers toe te hou uit vrees vir die corona-virus.

Die gemeenskap sê egter dat onreëlmatige dinge in die nag daar gebeur.

Hulle wil hê die kerk moet omhein word om te keer dat mense daar kan inkom.

Inwoners sê die afgelope twee weke het veral jong mense die kerkgrond vir quickies gebruik.

Samuel Methwa (45) sê hy is moeg om die geluide te hoor van mans en vroue wat seks.

“Kerklede moet iets doen en ’n fence omsit en dit sluit. Dis al algemeen hoe die mense skreeu terwyl hulle besig is om te seks. Ek het dit by een van die kerk se elders aangemeld en hy het gesê hy sal ander lede inlig, maar nog niks het gebeur nie.”

Lindile Mxako het eendag van die werk af gekom toe hy ’n couple agter die gebou sien seks.

“Om seks op die kerk se grond te hê is oneerbiedig. Hulle het hulle nie aan my gesteur nie en net aangehou.”

Mbutho Mnisi, een van die kerk se elders, sê hy het by gemeenskapslede gehoor dat mense in die kerk seks.

“Ons het baie lede en die saak moet na die gemeente gevat word.

“Ons wou ’n fence opsit, maar die outbreak van Covid-19 het alles gestop.”

Mnisi sê hulle het besluit om nie die kerk oop te maak voordat alle vlakke weggeval opgehef is nie.

“Dis walglik dat mense die kerk as ’n seksplek gebruik,” sê hy.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters