16 dae gelede
Omie (70) vir wapen gearresteer
VONDS: Die drugs en kontant waarop die cops beslag gelê het.  ~ Keith Meyer

COPS het Donderdag ’n outoppie (70) van die plaas Groenfontein buite Calitzdorp vir die besit van ’n vuurwapen vasgetrek.

’n Bron vertel: “Die cops was die afgelope naweek weer op hul stukke.

“Daar in Groenfontein het hulle toe die ou man met sy gun vasgetrek.

“Ek wonder tog net wat sal ’n ou man van 70 jaar met ’n gun wil maak?”

Sers. Chris Spies, ’n polisiewoordvoerder, het bevestig dat ’n 70-jarige verdagte aangekeer is.

Dwelms

“Inligting is ontvang van die publiek en die polisie het ’n Taurus .38 Special-rewolwer met 49 patrone gevind.

“Die man is toe gearresteer vir die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen.”

Vrydag die 13de was sommer behoorlik bad luck vir merts van Bergsig. Die dorp se “honde-eenheid” – ’n skof cops wat al daarvoor bekend is dat hulle drugs “uitsnuffel” – het dwelms ter waarde van R11 000 in ’n huis gevind.

Die cops het op 184 Mandrax-tablette, 10 tik-straws, en ’n groot bedrag kontant beslag gelê. Die polisie het drie verdagtes (29, 33 en 42 jaar oud) vir dwelmhandel gearresteer. Spies benadruk dat die misbruik van dwelms en alkohol tot geweldsmisdaad lei.

“Nog operasies sal in die toekoms uitgevoer word sodat inwoners veilig kan woon.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters