17 dae gelede
Ná tip-off sit twee in die tjoekie
VONDS: Honderde Mandrax-pille is gekonfiskeer.  ~ Foto Verskaf

CALITZDORP. – Merts se Krismis gaan baie vaal lyk met die way hoe die cops nou met mening op drug dealers hier toeslaan.

Smokkelaars van buite target die dorpie as ’n afsetpunt vir hul duiwelsgoed, maar die wakker manne in blou hou gelukkig ’n wakende oog.

En toe die merts dink hulle kan begin drugs invoer en oppot vir Krismis, toe slaan die dorp se honde-eenheid toe.

’n Bron vertel: “Die community se oë en ore is oop. Hulle weet van die drug-huise en laat die cops gereeld weet waar dit is.

Informant

“Die runners wat snags so die drugs in die dorp inbring, word nou betrap. Bedags word die merts net so erg aangekeer.”

’n Informant het polisie­lede wat op pad was werk toe ingelig van ’n kar wat met drugs op pad was Bergsig toe. Die runners is afgetrek en die honde-eenheid het aan die werk gespring.

Gemeenskapslede het gejuig toe hulle hoor van die cops se suksesse.

Sers. Chris Spies, ’n polisiewoordvoerder, het by navraag gesê: “Twee verdagtes van 31 en 32 jaar oud is in hegtenis geneem nadat dwelms van R10 000 in hul besit gekry is. Lede van die honde-eenheid het die voertuig in Koningstraat gestop en 200 Mandrax-tablette gevind.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters