3 maande gelede
‘Munisipaliteit bly net op pad’
RIOOLMASSA: So lyk dit in Melkbosstraat. Die inwoners is raadop oor hulle in die stank moet leef.Foto’s: deon ferreira  ~ 

MELKBOSSTRAAT in Arcadia in die Baaise Northerns is ’n living hell.

Dis veral so vir drie huishoudings omdat hulle weens ’n geblokte drein die erge stank van menslike rioolafval moet trotseer.

Toe Son Vrydag by die gegriefdes opdaag, is die verslagspan deur ’n vieslike stank begroet.

Groenbruin water het by ’n drein voor die ouerhuis van Rochae Booysen (21) uitgeborrel en in die straat af gevloei.

Booysen – die ma van ’n twee maande oue babaseun, Jaydrian – sê dis nou al maande dat die stront so by die drein uitborrel.

“Begin Maart het die munisipaliteit se mense die drein kom regmaak. Dit was nie lank nie, toe is dit maar net weer so.”

Volgens haar was daar laas week ’n klomp munisipale lorries in hulle straat, maar die trokke het net verbygery.

“Ek kan nie meer onthou hoeveel keer ek al die munisipaliteit gebel het oor die drein nie. Hulle bly net sê hulle is op pad.”

Volgens Booysen moet sy konstant die huis se deure en vensters toe hou omdat sy vrees Jaydrian raak siek.

Sy sê die inwoners moet maar self skoonmaak om die drein en gedurig dip gooi.

Volgens Booysen is ’n deel van Melkbosstraat so besmeer met die rioolafval dat mense deur hulle yard moet stap om in die ander deel van die straat te kom.

Nellie Ben (in haar 70’s) sê sy het ’n borskwaal en die stank maak dit net erger.

Sy sê Sondae moet sy deur die riool stap om by die kerk uit te kom.

“Dan moet ek nog pasop dat ek nie gly nie.”

Volgens haar kan sy dit nie bekostig om elke maand dokter toe te gaan nie, want sy leef maar net van ’n grant.

Phillip Gouws (64), nóg ’n inwoner, sê: “Ek het 27 jaar by die munisipaliteit se switchboard gewerk.

“Sodra iemand ’n geblokte drein rapporteer, moes daar binne tien minute ’n trok uitgestuur word, anders is ons in die moeilikheid.

“Daar was destyds baie dissipline in die munisipaliteit. Dit is disgusting soos die munisipaliteit nou aangaan. Hulle gee net refer­ence-nommers, maar niks gebeur nie.”

Kieme

Volgens Gouws woon daar twee klein kinders van vier en twee jaar oud in sy huis – Azaanah en Jamiel.

Hy sê Azaanah se maag het ’n tyd terug ’n week lank gewerk.

Volgens hom het Jamiel drie dae aaneen opgegooi weens die kieme.

“Ons gee dan maar net vir hulle gastro-medisyne.”

Hy sê dit ruik buite soos ’n dooie hond en hulle kan nie eens behoorlik eet nie.

  • Mthubanzi Mniki, die Baai se munisipale woordvoerder, het nie op Son se navrae gereageer nie. 
RIOOLMASSA: So lyk dit in Melkbosstraat. Die inwoners is raadop oor hulle in die stank moet leef.Foto’s: deon ferreira
WYE DRAAI: Carly Johnson stap ’n wye draai om die riool.
nellie ben
morsig: Carly Johnson van Arcadia kan die stank nie uithou nie.
phillip gouws
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters