Verlede maand
Munisipaliteit begin projek om sportkompleks op te gradeer
nuwe stadion: Van links staan Grant Riddles, Maudee Hoogbaard (netbalkoördineerder), Johan Jacobs (munisipale bestuurder), Desmond Hoogbaard (Arrows-rugbyafrigter), David Meyer (Arrows-voorsitter), Anroux Marais, Shahida Kennedy, Andrew Stroebel (speaker), Margaret Jakobs, Jennifer Hartnick (raadslede) en Rhuschan Manho (bestuurder: siviele infrastruktuur). Foto: clive pretorius  ~ 

SLANGRIVIER. – Die gemeenskap van dié dorp sal eersdaags die vrugte van sy lang gewag begin sien met die opgradering van sy sportkompleks.

Die projek is verlede week deur die Hessequa-munisipaliteit en die Wes-Kaapse departement van sport en kultuursake geloods.

Die nuwe ontwikkeling is deur Grant Riddles, Hessequa se mayor, en Anroux Marais, die Wes-Kaapse minister van sport en kultuursake, onthul.

Bymekaar

Riddles het die sportverteenwoordigers bedank vir hulle bydrae om ’n verskil in die gemeenskap te maak.

“Sport bring mense van verskeie politieke oortuigings bymekaar en sodoende kan gesonde gemeenskappe gebou word,” het Riddles gesê.

Marais het genoem dat sport ook misdaad kan hokslaan.

Shahida Kennedy, bestuurder van siviele beplanning en projekbestuur by die munisipaliteit, het gesê die projek sal R8 miljoen kos en in fases oor drie jaar in werking gestel word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters