Verlede maand
Motjie hap berk
BAIE SEER: Malixole Nazo se oorlamse girlfriend het volgens hom ’n stuk van sy oor afgebyt.  ~ Mpumi Kiva

GEORGE. – ’n Ou is in serious pyn nadat sy meisie ’n stuk van sy oor ten aanskoue van sy geskokte tjommies afgebyt het.

Malixole Nazo (22) en sy pelle was onlangs besig om te dop voor ’n shebeen in Asla Park buite Mosselbaai toe sy 24-jarige motjie hom na bewering bevlieg het.

Nazo se groot sonde was nie sy suipery nie, maar dat hy, volgens die woedende girlfriend, besig was om op haar te cheat.

Nazo, wat reeds sonder werk sit, was byna sonder sy oor ook en moes hospitaalbehandeling kry weens die ernstige aard van die oorbytery.

Son het Dinsdag ’n draai by hom gaan maak om te hoor hoe dit nou gaan. Volgens Nazo was hy lekker besig om met sy vriende te chill toe sy meisie full-force daar opdaag.

“Sy wou eenkant met my praat. Sy was baie kwaad en het my daarvan beskuldig dat ek ’n affair aan het met ’n ander vrou.

“Terwyl ons nog aan die stry was, het sy my gegryp en aan die oor gebyt. Sy het ’n stuk van my oor afgebyt en dit op die grond uitgespoeg,” het Nazo nog duidelik in pyn oor sy ordeal vertel.

Hy sê dit gaan moeilik wees om uit te gaan en mense te ontmoet, want sy oor lyk nou “funny”.

“My meisie was nog nooit so violent nie en ek kan nie glo dat sy dit aan my gedoen het nie.”

Sy ouer broer, Lonwabo (27) het die hele affêre aanskou en sê hulle het gelag en gegrap voordat sy broer se girlfriend opgedaag het.

“My broer is nou bang en wil nie meer uitgaan nie.

“Dinge het so vinnig gebeur en toe ek my oë uitvee, toe lê ’n stuk van sy oor op die grond. Ek het nooit gedink daai meisie sou my broer soveel pyn veroorsaak nie,” het Lonwabo gesê.

Nazo moet nog besluit of ’n saak teen die oorlamse girlfriend gaan maak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters