Verlede maand
Messteker skuldig aan manslag
skaal draai: ’n Landdros moet môre hof loop op klagte van afpersing en korrupsie.Foto ter illustrasie: NETWERK24  ~ 

OUDTSHOORN. – Denrick Carelsen is aan strafbare manslag skuldig bevind nadat hy Wilfred Heinrich Davids in 2017 op tweede Kersdag by een van die sogenaamde blink hokke in Rose Valley met ’n mes doodgesteek het.

Carelsen (25) is onskuldig bevind op die hoofklag van moord.

Streeklanddros Neels Nortjé het in sy uitspraak gesê die hof kon nie bo redelike twyfel bevind dat Carelsen bedoel het om Davids dood te maak nie. Dit was ’n enkele meshou en alles het baie vinnig gebeur. Hy het wel nalatig en wederregtelik Davids se dood veroorsaak.

Aggressief

Carelsen het getuig Davids wou hom die betrokke dag met ’n ketting slaan toe hy hom by sy voormalige meisie se woning kry.

Volgens hom was Davids baie aggressief en wou by hom weet wat hy daar soek.

Hy het ’n mes uitgehaal en na Davids gemik, maar hom nie raak gesteek nie.

Hulle het begin stoei en op die grond geval, waarna Davids die noodlottige steekwond opgedoen het.

Volgens Carelsen weet hy nie hoe dit gebeur het nie.

Vir vonnisoplegging het die hof in ag geneem dat Carelsen geen vorige veroordelings het nie. Vaughn Shone het vir Carelsen verskyn. Corné Preto­rius was die aanklaer.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters