10 dae gelede
Meisie ‘gerape deur ou, neef’
VERSKRIKLIK: Die slagoffer se niggie vertel wat gebeur het. Foto: KEITH MEYER  ~ 

’N JONG meisie van Gam­ka­ buite Calitzdorp is onlangs erg verniel in een van die wreedste verkragsake hier.

Die slagoffer was te getraumatiseer om aan Son die verhaal te vertel, maar haar niggie – die suster van een van die vermeende verkragters – het bos gelos.

Sy sê: “Ek kry my niggie so jammer. Sy het dit nie verdien nie. Sy was dan so lief vir haar boyfriend, al het hy haar soms mishandel.

“Daardie aand het hulle glo weer gestry. Toe doen hy haar oulik, maar gaan so aan dat sy amper flou geword het. Sy het erg geskreeu vir hulp.”

Vernielwerk

Volgens die niggie het haar broer – wat ook by die huis was tydens die voorval – die geraas gehoor.

“Toe hy gaan kyk, het hy hulle nog op die job gesien oulik doen. Toe die boyfriend klaar is, toe vat hy ook sy beurt en sit die vernielwerk voort.

“Ons is so skaam, want dis dan niggie en neef. Ons ouers is teleurgesteld.”

Die plaasgemeenskap is diep geskok en was skugter om oor die voorval te praat.

“Dit gebeur net nie hier nie. Altans, so het ons gedink,” het ’n man vanuit ’n huis geskree.

Die cops ondersoek die voorval.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters