Verlede maand
‘Meel’ flous toe nie cops op R62
Truuk: Merts wil nou op ander maniere “bak en brou” om hul dwelms in die platteland in te smokkel.  ~ Keith Meyer

LADISMITH. –Die R62-roete het weer sy naam as een van die hoof-drug-roetes gestand gedoen toe Snowflake-meelpakke gebruik is om drugs te smokkel.

’n Bron vertel: “Toe die manne in blou die taxi skud was daar net Snowflake-bakmeel in die besit van een van die passasiers wat verdag voorgekom het.

“Dis eers toe die ouens begin snuf in die neus kry dat ‘Operasie Snow-Fake­’ drugs na vore gebring het.

“En dit nogal ’n moerse klomp Mandrax-pille en tik.”

Net verlede week het die SAPD ’n drug-vonds van 800 Mandrax-pille, in daai stadium die grootste vonds op een slag, gekry. Maar dis dié week se 980 Mandrax-pille en 611 bankies tik wat die nuwe rekord slaan.

Kans

Die cops sê merts try nou voor die festive season om groter hoeveelhede drugs die platteland in te bring.

“Dis beter vir hulle om een groot kans te vat as om kort-kort kleiner hoeveelhede te try smokkel, maar hoe ook al, ons vang hulle. Ons maak hulle finansieel tot niet,” het Son se bron gesê.

Kapt. Malcolm Pojie, ’n polisiewoordvoerder, het by navraag gesê: “’n Taxi is op die R62 deursoek.

“’n Vroulike passasier is met vier 2,5kg-pakke broodmeel in haar bagasie gekry.

“By verdere ondersoek het dit daartoe gelei dat 980 Mandrax-tablette en 611 bankies tik ontdek is.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters