3 maande gelede
Mayor sê DA is vark in verhaal
Colan Sylvester Foto: NETWERK24  ~ 

COLAN Sylvester, die mayor van Oudtshoorn wat Dinsdag bedank het, kap terug na kritici en sê sy enigste sonde was om finansiële wanbestuur te wil expose.

Volgens hom wou hy laas jaar ’n verslag van beweringe van korrupsie teen die munisipale bestuurder voor ’n algemene raad bring.

Hy sê egter die DA het vir hom gesê hy kan nie klagte teen Alan Paulse bring sonder die party se toestemming nie.

Aankla

“Ek weet nie waar in die grondwet staan dit dat die party eers toestemming moet gee voordat beweringe van korrupsie ondersoek kan word nie,” voeg hy by.

Volgens hom was hy van plan om Paulse strafregtelik te laat aankla, maar die DA het Paulse se kant bo hom verkies.

Hy voeg by: “Die DA het my toe in Junie (2019) dissiplinêr aangekla.

“Een van die klagte teen my was dat ek klagte teen die munisipale bestuurder gefabriseer het.

Beskerm

“Daar was 11 klagte teen my en ek is op 8 skuldig bevind.

“Die DA het alles gedoen om my naam deur die modder te sleep terwyl die munisipale bestuurder beskerm was.”

Volgens hom het Paulse ook teen hom gewerk. Hy verduidelik: “Die munisipale bestuurder en ’n faksie van die DA het saamgesweer om klagte van korrupsie teen my te bring.”

Sylvester bevestig dat hy Dinsdag sy bedanking ingedien het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters