17 dae gelede
Matrieks optimisties ná hulle vraestel voltooi
Ons kán: Matrikulante van Ladismith sê hulle gaan Wiskundige Geletterdheid slaag.  ~ Keith Meyer

LADISMITH. – Leerders van die Hoërskool Ladi­smith voel tevrede nadat hulle die vraestel vir Wiskundige Geletterdheid afgelê het.

Die hoërskool is een van dié in die Eden- en Sentraal-Karoo-onderwysdistrik wat jaarliks besonder goed presteer in die matriekeindeksamen.

Die skool het onlangs op sy Facebook-blad motiverings­video’s van gemeenskapsleiers, onderwysers en oud-leerders gelaai waarin die matrieks aangespoor word om hard te werk. Dit was die idee van die skoolhoof, Shaanta Lee, en die personeel.

Toegewyde onnies en hardwerkende leerders is kenmerkend van dié skool.

Die leerders wat ná die eksamen met die koerant gesels het, is dit eens dat hulle die vak beslis gaan slaag.

Hulle sê ook hul vakonderwyser, Santie Meyer, het hulle goed voorberei.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters