15 dae gelede
Mans tenderise klapper by slaghuis
Kry vir jou! ’n Vroueklapper het van sy eie medisyne gekry toe ander mans nie sy optrede geduld het nie.  ~ Jonathan Lestrade

GEORGE. – ’n Man wat sy girlfriend geklap het, het toe self deurgeloop onder ’n groep mans.

Die voorval het verlede Saterdag in Lawaaikamp gebeur.

Die man en sy girlfriend het in ’n ry buite ’n slaghuis gewag waar gebraai word toe hulle gestry het.

Mense het gesien hoe die man – ene Mzu (34) – sy girlfriend eers wegstamp en haar toe deur die gesig klap.

Die groep mans het geskreeu hy moet ophou, maar hy het hulle geïgnoreer en haar weer geklap.

Dis toe dat die mans hom moer en skop totdat hy gelê het.

Een van die klante, Colin Cekisano, vertel die man se optrede het die mense baie kwaad gemaak.

“Dié optrede is onaanvaarbaar. Veral die mans was kwaad. Mans kan nie net wegkyk as dit gebeur nie. Nie alle mans slaan vroue nie.

“Die vroueslanery moet ophou. Dit maak nie saak hóé kwaad jy is nie.

Opgetree

“Die man het met sy girlfriend gestry voordat die groep mans hom in die openbaar aangeval het.”

Cekisano sê hierdie vrou is iemand se kind of iemand se suster en niemand het die reg om vroue te slaan nie.

Nog ’n klant, Nolozwi Xhipa, sê: “Ek is bly die groep mans het opgetree. Dit wys jou daar is mans wat bereid is om te veg teen die abuse van vroue.

“Nie alle mans slaan vroue nie. Hulle het eers probeer om nice te wees en het gesê hy moet ophou, maar toe klap hy haar weer.

“Hy is toe goed gedonder. Ek hoop hy leer ’n les.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters