Verlede maand
Man voor ná vrou se aanranding
'n 25-jarige man het in die hof verskyn nadat 'n 40-jarige vrou in haar huis aangerand is.  ~ Foto Verskaf

SLANGRIVIER. – ’n Jong man van hier is agter tralies nadat hy positief verbind is met ’n klag van aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Die saak is teen die 25-jarige man gemaak nadat ’n 40-jarige vrou in haar huis in Aslapark aangerand is.

Die voorval het die nag van 14-15 Januarie gebeur terwyl die vrou en haar seun in haar huis gelê en slaap het.

Verskyn

Die vrou het gedurende die voorval ’n tand verloor.

Die beskuldigde het Dinsdag reeds vlugtig in die landdroshof in Heidelberg verskyn.

Volgens die ondersoekbeampte, AO Reon Grundlingh, is klagte van huisbraak met die opset om ’n misdaad onbekend aan die staat te pleeg en aanranding met die opset om ernstig te beseer teen die beskuldigde oopgemaak.

Die vermeende aanvaller is in 2016 skuldig bevind aan soortgelyke aanklagte nadat hy sy buurvrou, destyds 50 jaar oud, ernstig aangerand het.

Verban

Die gemeenskap het destyds – terwyl die man se saak nog hangend was – daarop aangedring dat hy uit die dorp verban word.

Intussen dreig die mense om weer protes aan te teken indien die beskuldigde borgtog sou kry.

Die saak is tot uitgestel Dinsdag.

Die beskuldigde sal dan aansoek doen om borgtog.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters