9 dae gelede
Man voor ná sy vrou gerape is
’n 54-jarige voormalige staatswerker is van verkragting aangekla.  ~ Foto Verskaf

HEIDELBERG. – ’n Man van hier moes voor die hof verskyn nadat hy na bewering sy vrou verkrag het.

Die man, ’n 54-jarige voormalige staatswerker, het glo sonder sy vrou se toestemming met haar seks gehad.

Volgens AO Alroy Windvogel, ’n plaaslike woordvoerder van die polisie, het die voorval die nag van 16-17 Februarie gebeur.

Die beskuldigde het Vrydag vlugtig in die landdroshof in Stilbaai verskyn.

Wankelrig

Hy het gister weer ’n vlugtige verskyning gemaak.

Borgtog van R500 is aan hom toegestaan en hy is aangesê om op 5 Maart weer in die hof te wees.

Intussen gons dit in die dorp oor die saak.

Gerugte wil dit hê dat die egpaar se huweliksbootjie al geruime tyd baie wankelrig is.

Die klaer was nie vandag tydens die hofverrigtinge in die hof nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters