2 maande gelede
Man tronk toe oor gesteelde skaap vir honger gesin
skaap
'n Man is 'n nege maande tronkstraf gegee nadat hy 'n skaap vir sy hongergesin gesteel het.  ~ Chris Jackson/Getty Images

’N MAN is Woensdag in die Oudtshoorn-landdroshof gevonnis nadat hy 'n skaap gesteel het.

Ashley Blaauw is 'n nege maande tronkstraf gegee, nadat hy skuld erken het.

Die 26-jarige sê dat hy die dier op ’n plaas in Vrederust gesteel, het omdat sy gesin honger was.

Blaauw het die skaap ter waarde van R3 000 geslag.

Die vleis is intussen aan die eienaar van die skaap terugbesorg. - AlgoaFM

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters