11 dae gelede
Man steek vriend met mes dood
die mammie: Katrina Mei hou haar gestorwe seun se ID vas. Foto: MPUMI KIVA  ~ 

OUDTSHOORN. – ’n Skaapwagter is aan veelvuldige meswonde in sy bors dood.

Die bewering is dat dit deur sy boesemvriend se toedoen was.

Abraham Mei (45) het Sondagmiddag skape en bokke in ’n oop stuk veld opgepas toe hy gelem is.

Mei en sy vriend is bekend in die gebied as skaapwagters wat veeboere se diere oppas.

Mei se lyk is onder ’n boom gevind. Die graf was met ’n klomp takke toegemaak.

Gebieg

Katrina Mei (69), Abraham se ma, sê sy het haar seun Sondag laas met die trop vee gesien en die vriend was saam met hom.

Sy sê: “Ek is so jammer dat hy só moes sterf. Om te dink, aan die hand van sy eie vriend.

“Sy vriend het sonder hom huis toe gekom en ons het hom gevra waar Abraham is.

“Hy het ons eers later vertel hy het Abraham onder die boom begrawe.”

Nosiplentjie Ngondo, ’n veeboer, het bevestig dat die verdagte oor die moord gebieg het.

Die polisie is laat kom en die verdagte is ge­arresteer. Hy verskyn binnekort in die hof.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters