17 dae gelede
Man ‘maak 9-jarige vrou’
onheil: Die meisietjie is op hierdie plaas verkrag.Foto: KEITH MEYER  ~ 

LADISMITH. – Die lewe van ’n nege­jarige meisietjie van ’n plaas buite die dorp het ’n erge knou weg.

Dit volg nadat sy oor ’n tydperk verkrag is.

Die verdagte is na bewering die boyfriend (45) van die meisietjie se ouma.

’n Kennis van die familie het die tragiese verhaal van seksuele aanhouding aan Son vertel: “Die kind is van ’n plaas buite die dorp.

“Die jong het haar mos oor ’n tyd vrou gemaak.

“Die ding kom lankal aan. Ons het die ouma gewaarsku, maar sy wou dit nooit glo nie.”

David Opperman, ’n gemeenskapsleier, maan ouers om oplettend te wees vir enige tekens van seksuele misdrywe.

Toestand

Volgens ’n bron het die meisietjie die laaste keer van die huis af weggehardloop en by ’n ander antie gaan skuil.

“Sy het gesê sy kan dit nie meer uithou nie, want die oom bly haar oulik doen. Die kind was in ’n toestand.”

Maar die jong het die meisie gefollow en by die antie se huis gaan haal.

Dit was eers toe die ouma die twee gevang het, dat sy dit geglo het.

Kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, sê ’n voorlopige ondersoek dui daarop dat die verdagte die kind oor ’n tydperk verkrag het.

’n Maatskaplike werker het onraad vermoed en die meisie vir mediese behandeling verwys. Dit het die verkragting bevestig.

Pojie sê: “Die verdagte bly in aanhouding tot sy volgende verskyning.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters