4 maande gelede
Man gevonnis oor seks met 14-jarige
SLAGOFFERTJIES: Die man moet hof loop oor seksdade met kinders.FOTO TER ILLUSTRASIE  ~ 

OUDTSHOORN. – ’n Pa van vier is onder huisarres vir statutêre verkragting.

Jenwin Panza (28) is ook ’n opgeskorte vonnis van vyf jaar gevangenisstraf opgelê.

Panza, van die plaas Lategansvlei, het skuldig gepleit op die klag dat hy seks gehad het met ’n 14-jarige kind en ’n baba by haar verwek het.

Volgens hom was hulle in ’n skelm verhouding. Streeklanddros Daniel Boks het met vonnisoplegging gesê dat hy dit oorweeg het om van Panza ’n voorbeeld te maak.

Regte

Hy wou hom ’n swaar vonnis en daarmee ’n boodskap uitstuur dat dié soort optrede nie geduld kan word nie.

Die landdros het met vonnisoplegging gesê Panza het inbreuk gemaak op die kind se regte. Hy het egter in ag geneem dat Panza vier kinders het vir wie hy sorg en dat hy skuldig gepleit het.

Hy moet ook rehabilitasieprogramme bywoon en hom weerhou van die gebruik van alkohol en dwelms.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters