11 dae gelede
Mamok brew sy voorland
ONNODIG: Jackson Tok is glo aangerand en gedwing om skomfaan te drink totdat hy kots.  ~ Keith Meyer

LADISMITH. – Cops hier is in diep water nadat ’n “skomfaan-video” met beweerde polisiewreedheid viral gegaan het.

Jackson Tok (58), die “hoofkarakter” in die video, vertel: “Ek was besig met my drank, toe slaan die polisie toe. Hulle laat my toe by die vên van dit uit die emmer uit drink.

“Ai, tog. Terwyl daar ’n video gemaak word. Toe vat hulle my met skomfaan en al da’ weg.”

Volgens Tok is hy in die cop shop geforce om toe weer van die skomfaan te drink: “Ek moes drink tot ek opgegooi het. Toe smyt hulle my in die selle en skop my al teen my lyf en ribbes.”

In die video drink Tok uit die emmer terwyl die video gemaak word.

Daar is ’n gelag in die agtergrond. Dan sak ’n cop af met: “So smaak die mense nog in die nag skomfaan drink. Daai vark drink nog.

Dan laat hoor Tok: “Hy’s bitter, jong.”

Tok kan ook in die video gehoor word waar hy ordentlik sê: “Moenie sleg dink van my nie.”

Volgens Tok het die cops eers geweier dat hy ’n saak teen hulle maak. Dit was eers nadat ’n gemeenskapslid Tok dokter toe moes neem dat ’n J88 deur die dokter ingevul is.

Die cops wou ook nie die saaknommer gee voordat die ombudsman moes ingryp om die nommer te kry nie.

Ontevrede

Albert Fritz, minister van gemeenskapsveiligheid, sê: “Ons is besig om mnr. Tok te help met ’n klag by die polisieombudsman.

“Ek doen ’n beroep op ontevrede mense om die ombudsman te skakel by 021 483 0669.”

Deidre Foster van die ombudsman se kantoor het by navraag gesê: “Dis verskriklik en onmenslik en ons sal mnr. Tok help om die klag by die ombudsman te lê asook by Opod.”

Sontaga Seisa van Opod het bevestig dat die voorval van aanranding ondersoek word: “Geen arrestasies is nog gedoen nie.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters