3 dae gelede
‘Maggy’ laat oë in hof rek
Hoor sleg: Magdaleen Titus en haar regsverteenwoordiger, Henk Carstens.  ~ Garnett Wicomb

OUDTSHOORN. – Sy kan nie altyd lekker hoor in die hof nie – weens “hofgangers se geraas”.

So het Magdaleen “Maggy” Titus, vrou van die vermoorde soldaat Preston Titus, gister getuig in die saak teen haar en haar drie mede­beskuldigdes – Justice Mooi, Natasha Stuurman en Masi­thembe January.

Titus het onder kruis­verhoor deur die staatsaanklaer Chris van der Vijver gesukkel. Daar was twee mense saam met Sixabiso Klip in haar motor toe hy haar die aand van 29 November 2017 by haar huis kom haal het. Sy kon nie sê hoekom sy dit nie aan haar vorige regsverteenwoordiger, adv. Mustaque Holland, gesê het nie.

Opgelaai

“Die hofgangers maak geraas. Ek hoor nie alles nie,” het sy op ’n vraag van Van der Vijver gesê.

Volgens haar was net Klip en Justice Mooi in haar kar, maar hulle het ’n hitchhiker op pad na Stuurman se huis opgelaai. Klip het die man glo geken.

Die hof het gister ook tydens kruisondervraging deur January se regsverteenwoordiger, Louise Luterek, gehoor dat Titus van 2 tot 28 November 2017 ’n volle 193 oproepe na Janu­ary se foon gemaak en hy haar ook 50 keer gebel het.

Volgens haar het sy Janu­ary baie gebel omdat sy erg verlief was. Sy het ’n affair met hom gehad.

Hofgangers se oë het gerek toe Maggy getuig het oor haar bedrywighede as ANC-raadslid en Klip se gebruik van haar selfoon.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters