14 dae gelede
Ma vind lyk van vermiste seuntjie
jason
Jason Nomdo se lyk is op die rotse op Diaz Strand gevind.  ~ verskaf

DIE vyf dae lange soektog na die negejarige Jason Nomdo van Mosselbaai het tragies geëindig toe sy lyk Maandagmiddag op Diazstrand gevind is.

Louise Karsten, nuuskorrespondent van Algoa FM, sê Jason en sy sewejarige broer het verlede week op die strand gespeel toe hul bal in die water beland het.

Sy sê Jason het die bal gaan soek toe hy in die water verdwyn het.

Sy boetie het huis toe gegaan om sy ma te vertel. 'n Uitgebreide soektog deur die nasionael seereddingsinstituut en polisieduikers het gevolg.

Karsten sê Jason se ma het Maandag na die strand gegaan om na hom te soek toe sy sy lyk op die rotse ontdek is. - AlgoaFM

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters