Verlede maand
Ma meen houe dui op moord
Nie oortuig: Christine Ambrose sê enige een kon self sien haar seun het nie selfmoord gepleeg nie.  ~ Basil Davids

ASHTON. – Selfmoord deur verdrinking.

Dít is wat die plaaslike cops meen aanleiding tot Francois Ambrose (27) se dood gegee het.

Son het in September berig oor Francois se oorskot wat deur verbygangers in ’n dam in die dorp gevind is.

Onlangs het Francois se gebroke mammie, Chris­tine Ambrose (45), aan Son gesê die ondersoekbeampte het haar kom meedeel dat Francois nie vermoor is nie, maar selfmoord gepleeg het deur homself in die dam te gaan verdrink.

Christine sê die ondersoekbeampte het ook aan haar gesê nadat Francois gesterf het, het visse aan sy liggaam gevreet en dit is wat die bloed aan sy liggaam en kledingstukke veroorsaak het.

Houe

“Ek kon nie glo wat daai man aan my kom vertel het nie,” sê Christine en bars in trane uit.

“Enige een wat Francois se liggaam gesien het, sou duidelik die diep houe aan sy kop gesien het.

“Toe ek en my man sy liggaam gaan uitken het, was daar drie diep merke aan sy kop,” vertel die mammie.

Christine sê sy gaan nou self navraag na die uitslag van die nadoodse ondersoek doen om vas te stel waaraan Francois gesterf het. Die familie glo vas dat Francois vermoor is.

Hulle aanvaar nie die cops se verduideliking van selfmoord nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters